Img

Ons geleentheid om te help

Tydens die tweede kwartaal het Kollegepark se leerders uitgereik na ons viervoetige gemeenskap met 'n bydra aan die DBV

  

Skoolkoor

Massakoor van 86 leerders neem deel aan Foyer Produksie 2016 saam met Jak de Priester.

  

  

Jeugland en Alzheimerhuis uitreik 19 Mei 2016

  

  

Waterpretdag

  

  

  

  

  

Ontmoet Gr 7 W

Gr 7W  

Wêrelddag vir Hardop Lees saam met Nal'ibali

Nog ’n eerste vir Laerskool Kollegepark!
Vanjaar het ons aangesluit by Nal'ibali om die krag van stories oor te dra. Nal'ibali (isiXhosa vir "hier is die storie") is 'n nasionale lees-vir-genot veldtog wat kinders se potensiaal help ontwikkel deur middel van lees en die vertel van stories.

Klein tot groot, jonk tot "ouer" het op Woensdag 24 Februarie na die storie "Neo en die grote, wye wêreld" geluister. Mev. Winter het die storie vir ons eie Neo Mohapi en sy graad 7-klasmaats gelees.




Graad R-maats het in die mediasentrum, tussen al die ander boeke, gaan storie luister of rustig in die koelte gelê en luister ...
  


Graad 1-maats het die groen grasperk gaan benut ...

Sommige graad 2-maats het kiertsregop gesit terwyl ander gevoel het dit is beter om te lê ...
  


Graad 5 het die klimraam uitgeklouter


Graad 6 het dit prettig gedoen


Hoe ook al


Waterprojek

Ten spyte van 'n versengende hitte en die harde werklikheid van 'n knellende droogte, het OPGEWONDENHEID gehuppel op die stoepe van Laerskool Kollegepark! Water gee lewe! Dit was die boodskap wat groot en klein aangespoor het om elke hol ding met LEWE te vul. Ons weet verseker dat hierdie 12 683 ℓ water wat ingesamel is OPGEWONDENHEID aan 'n mens en dier gaan bring, maar die OPGEWONDENHEID wat op elke Kollegeparker se gesiggie was, met die aflewer van elke liter water, het hartsnare geroer. Kollegeparkers weet nou dat gee MEER is as net ontvang en dat dit GENADE is om elke dag 'n kraan te kan oopdraai en 'n toilet te spoel. Dankie Here vir die oorvloed water wat ons het wat ons met ander kon deel.
  


Valentynsdag 2016

Om Valentynsdag in die ROOI skool te vier is nie moeilik nie, dis net baie lekker! Die leerlingraad van 2016 en Cupido en sy helpers. Die leerlinge se opgewondenheid oor die dag het geen perke gehad nie ... van kop tot tone

  

  

  

  

  


Nuutste toevoeging tot die Laerskool Kollegepark familie

Die vreugde is groot en die bondeltjie liefde baie klein. Op 28 Januarie het ’n piepklein pienkvoet vir Mamma Yolandi en Pappa Jacques Holton kom verras. Klein Elmi se rooi rokkie is al gekoop, maar gaan nog vir ’n hele paar jaar in die kas hang. Nou is dit eers tyd om te groei!
  


Eerste skooldag 2016

Waar in die wye wêreld kan jou eerste skooldag lekkerder gewees het as by Laerksool Kollegepark. Eers 'n heerlike pretdag met speletjies, liedjies en 'n roomys terwyl Pappa en Mamma by Juffrou skoolgaan in die klas EN DAN kom 'n treintjie jou haal en voor die klas aflaai! Laerskool Kollegepark is uniek