Img

Landloop

Op 27 Julie het ons landloop op 'n hoogtepunt afgeskop. Ons het by Rustenburg aan die Super 12 deelgeneem. Die kompetisie was baie goed. Ons het ook aan vriendskaplike byeenkomste deelgeneem by Park Ridge en Suiderlig. Dit was goeie oefening vir die Area en Distrikskampioenskappe. Tydens die Distrikskampioenskappe het Tarene Labuschagne (D 0/11) 4de, Elri Jacobs (D 0/12) 3de en Arno van Wyk (S 0/13) 1ste gekom. Die atlete het ook aan die Gauteng Kampioenskappe gaan deelneem. Ons is trots op die drie Kollegeparkers.