Img

Mediaprefekte




Kollegepark se mediasentrum beskik oor ongeveer 8000 boeke in ons junior en senior afdeling. Ons het ook 'n volledige naslaan afdeling. Die mediasentrum is elke dag voorskool vanaf 07:30-07:45, beide pouses en naskool tot 14:30 oop. Leerders kan navorsing oor baie interessante onderwerpe, in 'n rustige atmosfeer doen. Tydskrifte en koerante is ook beskikbaar. Ons het ook 'n pragtige videolokaal wat ten volle toegerus is. Moenie ons medianuusbriewe misloop nie! Dit is groot pret. 'n Gemiddeld van 150 boeke word daagliks uitgeneem. Dit sluit ook Engelse boeke in.