Img

Drie netbalspanne is Sedibeng ligawenners

0/13A
0/12B
0/11A

Netbal presteer goed!

Die einde van die netbalseisoen het aangebreek en ons is weereens baie trots op ons netbalspanne. Na vier ligawedstryde waar die kompetisie straf was, het ses van die agt spanne aan die finale uitspeelwedstryde gaan deelneem. Hoewel geen span in die finaal as wenners uit die stryd getree het nie, het al die spanne hulle goed van hul taak gekwyt.

Drie van ons dogters is gekies om vanjaar aan die Gautengproewe te gaan deelneem. Baie geluk aan Carli de Bruin (0/13), Monja Saayman (0/12) en Twane van Wyk (0/12).
  

Die 0/11 en 0/13 spanne het ’n heerlike spanbou naweek tydens die Aprilvakansie by H & H Adventures gaan bywoon. Dit was ’n naweek propvol pret en plesier wat almal baie geniet het. Baie dankie aan al die afrigters en dogters vir al julle harde werk die afgelope seisoen. Julle het Kollegepark se naam hoog gehou op die netbalbaan.


0/11 en 0/13 Netbalkamp 2015

Wat 'n ondervinding! Ons het gedink dit gaan net netbal, netbal, netbal en netbal wees. Groot was ons verbasing toe ons daar aanland en sien dat ons reg langs die Vaalrivier gaan bly. Houthutte was ons tuiste vir die naweek, met ’n klomp spinnerakke en spinnekoppe as bedmaats natuurlik! Ons het rivier "tubing", paintball, hoë toubane en nog baie ander aktiwiteite gedoen. Natuurlik het ons kans gehad om al ons ander talente ook na vore te bring, soos onder andere het ons twee sussies gehad wat ’n hond uit 'n bos gedans het.

Dankie aan almal wat die toer moontlik gemaak het, en hierdie was werklik ’n groot hoogtepunt vir 2015.