Img

Redenaars 2016

Praatjies vir die vaak ... absoluut nie! Nie 'n woord onsin uit een van hierdie monde nie. Grootpraat ... beslis nie! ‘n Hond uit 'n bos praat ... moontlik! Praatjies wat gaatjies vul ... o ja! Hierdie ses leerders se "redenaarspraatjies" was verseker nie net 'n gepraat wat tot niks gelei het nie. Met hul wyse woorde het hul hulself tot binne-in die Super 12- en ATKV-redenaarspan van Laerskool Kollegepark gepraat! Baie geluk aan Rulané Koen, La-Morgané Massyn, Ansuné Marx, Anouk Skinner, Franzél Koen en Milan Strydom!

Rulané Koen en Franzel Koen neem deel aan semi-finaal van ATKV Redenaars