Img

VCSV

Ons was weereens bevoorreg om 'n Junior- en Senior VCSV kamp in die eerste kwartaal van 2015 aan te bied. Dis altyd opwindend om te sien hoe ons kinders elke oomblik van die kampe geniet! Die kompetisie spele in die verskillende spanne, is vir hulle ’n heerlike ervaring! Eintlik bly dit maar lekker om saam met jou maats te slaap, te eet, te lag en sommer net pret te hê. Om nie eers te praat van die heerlike samesang nie! Wanneer ons kwaliteit tyd om die Woord spandeer, kan ons sien hoe ons kinders se lewens aangeraak en verander word.

Dankie Liewe Heer dat U ons kinders so baie liefhet en dat U verlang om met elkeen ’n intieme verhouding te hê. Help ons om ook U liefde te beantwoord!
Amen

Kamp